Open/Close Menu Ken Christus, Maak Christus Bekend

George Whitefield is my gunsteling prediker (Charles Spurgeon kom bitter naby).  Soos enige van ons helde het hy kleivoete gehad.  Sy vriend, Howell Harris, het baie van ‘n sekere weduwee, Elizabeth James gehou.  Die gevoel was wedersyds.  Harris wou egter uitsluitlik op sy verhouding met God fokus, en het besluit om nie te trou nie. …

Ek ken ‘n man wat besig was om te skei toe hy in ‘n verhouding betrokke geraak het.  Hy en die vrou het toe getrou.  Kort daarna het die vrou tot bekering gekom.  Hulle is nou al vir ‘n paar jaar getroud en die man is nog ongered.  Wat verwag God van ‘n vrou in…

Ons het omtrent 75 lidmate, waarvan 16 (21%) al geskei was.  Dieselfde is seker waar in baie kerke.  Daarom is 1 Korintiërs 7:10-16 se lering oor Christene en egskeiding baie relevant.   Reëls as jy met ‘n gelowige getroud is (v.10-11) Jy het seker al die ou illustrasie van egskeiding gehoor?  Egskeiding is soos iemand…

Om iemand se ‘vuil wasgoed uit te hang’ beteken dat jy hulle skandes voor almal noem.  Ongelowiges hou daarvan om dit te doen, asook om te kyk hoe ánder dit doen.  Jy kan byna sien hoe hulle hul kampstoele uitpak soos by ‘n krieketwedstryd, om te kyk hoe Saartjie haar man se vuil wasgoed op…