Ek bedoel nie dat almal se oupas die Here gedien het nie. Ek probeer eerder om die moderne sentimentele god met die God van jou oupa se tyd te kontrasteer. Die god van ons dag kan net iets doen as ons ‘lewe spreek’ of vir Hom toestemming gee. Maar in jou oupa se tyd was …
Kategorie: Soewereiniteit
Donald Trump: die Here se herder
In die Ou Testament het Egipte se Farao’s en die konings van Babilon geglo hulle is gode. In die vorige eeu het mense Adolf Hitler, Haile Selassie en ander diktators as messiase beskou. Volgens die media dink Julius Malema dat hy die messias van ons tyd is wat Suid-Afrika gaan red. In Noord-Korea dink Kim …
Wat doen die Here vir jou en wat moet jy vir Hom doen?
Nick is 4 jaar oud. Sy pa is $50 biljoen sterk. Hy is bly dat sy pa so goed vir hom sorg. Om dankie te sê breek hy sy spaarvarkie oop, en gee hy al sy geld - $150 - vir sy pa. Om die Here te dank vir alles wat hy vir jou doen …
Lees meer Wat doen die Here vir jou en wat moet jy vir Hom doen?
Hoekom Jesus beter is as die ander gode
My tema impliseer dat daar ander gode is, maar dit is nie wat ek bedoel nie. Volgens die Bybel is daar net een God: die Vader, die Seun en die Heilige Gees (Deut. 6:4, Matt. 3:16-17, 28:19, Joh. 1:1, Ef. 4:4-6, 1Kor. 8:4-6, Jak. 2:19). Buiten Hom is daar geen ander God nie (Jes. 45:5-6, …
Leer uit ander mense se foute
Ek het eenkeer vir ‘n ouer Christen gevra hoekom hy so baie in geskiedenis belangstel. ‘Dit help o.a. dat ek nie die foute herhaal wat ander mense gemaak het nie,’ het hy gesê. Hy het m.a.w. uit ander mense se foute geleer. Volgens Rom. 15:4, 1Kor. 10:11 is dit ‘n Bybelse beginsel. Paulus sê: …
Die Koning van die engele
Reeds in die 2de eeu n.C. het Christene Bybelse simbole soos ‘n herder, brood, ‘n duif, ens. op hulle was seëls en klei breekware gebruik. In die 4de eeu het hulle hulle kerkgeboue met hierdie en ander simbole versier. Party Christene was sterk hierteen gekant, maar vir ander was dit nie ‘n probleem nie. Epifanius …
God se byl
Jy ken seker die storie van Thor se hamer? In Noorse mitologie was Thor die god wat met donderweer geassosieer is. Die naam Donderdag of Thursday is van hierdie naam afgelei (Thor’s Day). Sy hamer se naam is Mjölnir, en is veronderstel om een van die magtigste wapens op aarde te wees. Die ou Noorweërs …