Open/Close Menu Ken Christus, Maak Christus Bekend

Lukas 3:15-22 Ek verag dit as ’n leraar ’n groot foto van homself en sy vrou op hulle webtuiste, of kennisgewing sit. Ek kry die idee dat hý en nie Jesus nie, in die kollig is. In Luk. 3 is Jesus in die kollig en gee Johannes nie om dat hy in die agtergrond verdwyn…

Matteus 3:13-17 ’n Gelowige besoeker het my eenkeer gevra of ek haar kan doop, nadat sy reeds drie keer gedoop is. Ek moes haar verkeerde verstaan van die doop uit die Bybel regstel en vir haar sê dat ’n gelowige slegs één keer gedoop hoef te word. ‘Maar wat as iemand in ’n vals kerk…

Hebreërs 1:1-4 In 2010 het ek ‘n preek gehoor wat my baie beïndruk het. Dit het gegaan oor Jesus op die berg van verheerliking. Moses en Elia het aan Hom verskyn. Toe Petrus hulle sien, was hy verbouereerd en wou hy drie tente bou: een vir Jesus, een vir Moses en een vir Elia. Skielik het die…

Deuteronomium 6:5 Bestaan jy om geld te maak, die wêreld se plesiere te geniet of by jou familie te wees? Nee, want wat sal van hierdie dinge word wanneer jy doodgaan? Dalk sê jy soos ateïste dat daar nie ‘n rede is vir jou bestaan nie. Maar is jou lewe regtig niks meer as die produk van…

Is dit moontlik dat ‘n nuwe Christen in China versoek kan word om voor ‘n afgodsbeeld te buig, hulp te vra, en dan later berou te hê? Nee? Wat van Christene in die weste wat versoek word om ‘n afgod te maak van geld, plesier, gemak, kos, ens.? Paulus praat in Kol. 3:5 van “gierigheid,…

A.W. Tozer het gesê:  ‘What comes into our minds when we think about God is the most important thing about us.’[1]  Gen. 1:26a lê die fondasie vir hoe ons reg oor die Here moet dink.  As jy dit doen, sal dit jou huwelik vir die goeie beïnvloed.  Hoe kan ons weet dat die Here ‘n…