Open/Close Menu Ken Christus, Maak Christus Bekend

Lukas 2:22-38 My tema klink postmodern—so asof jý kan besluit wie Jesus is. Die vraag is tog nie wie Hy vir jóú is nie, maar wie Hy werklik is. En tog help dit nie jy glo die waarheid oor Jesus as jy dit soos die duiwel glo en verlore gaan nie (Jak. 2:19). In daardie…

Lukas 2:21 Vir baie mense is Kersfees maar net nog ’n storie van ’n baba in ’n krip en begin ons redding eers aan die kruis van Golgota. Dit is egter ’n verkeerde idee, omdat Jesus ons nie alleen deur sy dood red nie, maar deur sy lewe. Volgens Luk. 2 het ons redding begin…

Lukas 2:1-20 Het jy al ooit landerye gesien wat rond is? Op so ’n stuk grond is daar gewoonlik ’n groot sproeier op wiele. Die sproeier is vas aan ’n spilpunt wat in die middel van die landerye staan. Die spilpunt maak dat die sproeier in die rondte draai, sodat al die gewasse water kry….

Lukas 1:57-80 ’n Paar jaar gelede is Pierre en Yolande Korkie deur Al-Qaeda gevange geneem in Jemen. Vir maande het hulle in die tronk gesit en gewag vir iemand om hulle te bevry. Dit is ook hoe dit met God se kinders in die Ou Testament was. Dit is asof hulle in die donker gesit…

1Korintiërs 1:30 In die laat 1990’s het ek ’n prediker gehoor sê: ‘Jesus is all you need, but you won’t realize He’s all you need, until He’s all you got. And when He’s all you got, you’ll realize; He’s all you need.’ Alhoewel ek hierdie waarheid lankal geken het, het dit die afgelope week vir…

Lukas 1:26-38 Wat is die grootste wonderwerk in die Bybel? Na my mening is dit toe God mens geword het. Thomas Watson sê: ‘That man should be made in God’s image was a wonder, but that God should be made in man’s image is a greater wonder. That the Ancient of Days should be born,…

Lukas 1:1-4 Party ongelowiges dink om in Jesus te glo, is dieselfde as om in Kersvader, of die tandemuis te glo: Hy kom uit die verbeelding van fanatiese Jode wat in die eerste eeu n.C. geleef het. ’n Paar jaar gelede het ’n NG predikant in ’n Christelike tydskrif gesê dat Jesus nooit bestaan het…

Psalm 72 Die wêreld is in chaos: Covid-19, die grendelstaat, die ekonomie, Suid-Afrikaanse boere wat vermoor word, Black Lives Matter met hulle transgender agenda, gay huwelike in die NG-Kerk, die ontploffing in Beirut, Iranese Christene wat vervolg word, die toenemende misdaad in Suid-Afrika, en meer. Soos die Here egter in Gen. 1:2 oor die chaos…

Hebreërs 10:1-18 Ek ken ’n man wat glo dat ons nog die seremoniële wet moet hou (dinge soos die Ou Testamentiese voedselwette, Feeste, Sabbat en besnydenis). Na ’n lang gesprek het ek hom gevra: ‘Is geloof in Jesus Christus genoeg om gered te word?’ Hy het vir ’n rukkie stilgebly en toe gesê: ‘Nee.’ Maar…

Hebreërs 9:23-28 Ek was jare gelede by ’n jeugbyeenkoms waar ’n man skaamteloos oor sy musikale talente geroem het. Hy het ook die Here vir sy peperduur Nike tekkies geprys en gesê: ‘I am so blessed. Praise the Lord! Thank you Jesus! Man, I am so blessed.’ Jy kan seker raai dat hy uit ’n…

Page 2 of 15 1 2 3 4 15