Lukas 3:15-22 Ek verag dit as ’n leraar ’n groot foto van homself en sy vrou op hulle webtuiste, of kennisgewing sit. Ek kry die idee dat hý en nie Jesus nie, in die kollig is. In Luk. 3 is Jesus in die kollig en gee Johannes nie om dat hy in die agtergrond verdwyn …
Kategorie: Christus
Lesse uit Jesus se Kinderdae
Lukas 2:39-52 In enige goeie biografie is daar ’n hoofstuk, of meer oor die persoon se kinder- en jongmens lewe. Mens vind dit egter nie in die vier Evangelies (Jesus se biografieë) nie. Bogenoemde teks is die enigste paragraaf in die Bybel oor Jesus se kinderdae. Buiten vir hierdie paar verse weet ons niks van …
Wie is Jesus vir jou?
Lukas 2:22-38 My tema klink postmodern—so asof jý kan besluit wie Jesus is. Die vraag is tog nie wie Hy vir jóú is nie, maar wie Hy werklik is. En tog help dit nie jy glo die waarheid oor Jesus as jy dit soos die duiwel glo en verlore gaan nie (Jak. 2:19). In daardie …
Van Betlehem tot Golgota
Lukas 2:21 Vir baie mense is Kersfees maar net nog ’n storie van ’n baba in ’n krip en begin ons redding eers aan die kruis van Golgota. Dit is egter ’n verkeerde idee, omdat Jesus ons nie alleen deur sy dood red nie, maar deur sy lewe. Volgens Luk. 2 het ons redding begin …
Jesus: die Spilpunt van die Geskiedenis
Lukas 2:1-20 Het jy al ooit landerye gesien wat rond is? Op so ’n stuk grond is daar gewoonlik ’n groot sproeier op wiele. Die sproeier is vas aan ’n spilpunt wat in die middel van die landerye staan. Die spilpunt maak dat die sproeier in die rondte draai, sodat al die gewasse water kry. …
Jesus, ons hoop en hartsverlange
Lukas 1:57-80 ’n Paar jaar gelede is Pierre en Yolande Korkie deur Al-Qaeda gevange geneem in Jemen. Vir maande het hulle in die tronk gesit en gewag vir iemand om hulle te bevry. Dit is ook hoe dit met God se kinders in die Ou Testament was. Dit is asof hulle in die donker gesit …
Jesus is genoeg
1Korintiërs 1:30 In die laat 1990’s het ek ’n prediker gehoor sê: ‘Jesus is all you need, but you won’t realize He’s all you need, until He’s all you got. And when He’s all you got, you’ll realize; He’s all you need.’ Alhoewel ek hierdie waarheid lankal geken het, het dit die afgelope week vir …
’n Profesie oor Kersfees
Lukas 1:26-38 Wat is die grootste wonderwerk in die Bybel? Na my mening is dit toe God mens geword het. Thomas Watson sê: ‘That man should be made in God’s image was a wonder, but that God should be made in man’s image is a greater wonder. That the Ancient of Days should be born, …
Hoe weet jy Jesus is waar?
Lukas 1:1-4 Party ongelowiges dink om in Jesus te glo, is dieselfde as om in Kersvader, of die tandemuis te glo: Hy kom uit die verbeelding van fanatiese Jode wat in die eerste eeu n.C. geleef het. ’n Paar jaar gelede het ’n NG predikant in ’n Christelike tydskrif gesê dat Jesus nooit bestaan het …
Christus oor die chaos
Psalm 72 Die wêreld is in chaos: Covid-19, die grendelstaat, die ekonomie, Suid-Afrikaanse boere wat vermoor word, Black Lives Matter met hulle transgender agenda, gay huwelike in die NG-Kerk, die ontploffing in Beirut, Iranese Christene wat vervolg word, die toenemende misdaad in Suid-Afrika, en meer. Soos die Here egter in Gen. 1:2 oor die chaos …
Jesus is genoeg
Hebreërs 10:1-18 Ek ken ’n man wat glo dat ons nog die seremoniële wet moet hou (dinge soos die Ou Testamentiese voedselwette, Feeste, Sabbat en besnydenis). Na ’n lang gesprek het ek hom gevra: ‘Is geloof in Jesus Christus genoeg om gered te word?’ Hy het vir ’n rukkie stilgebly en toe gesê: ‘Nee.’ Maar …
Wat doen Jesus vir sy kinders?
Hebreërs 9:23-28 Ek was jare gelede by ’n jeugbyeenkoms waar ’n man skaamteloos oor sy musikale talente geroem het. Hy het ook die Here vir sy peperduur Nike tekkies geprys en gesê: ‘I am so blessed. Praise the Lord! Thank you Jesus! Man, I am so blessed.’ Jy kan seker raai dat hy uit ’n …
Die laaste wense en testament van Jesus Christus
Hebreërs 9:15-22 ’n Testament is ’n persoonlik dokument wat nie vir almal se oë bedoel is nie. En tog is Jesus se testament oop en kan almal dit lees. Die vraag is of jou naam in die testament geskryf staan. Hoe kan jy weet of jou naam daarin is? 1. Die Testateur en Eksekuteur …
Christus oor alles
Kolossense 1:15-20 Ek ken ’n man wat simpatie met die Word of Faith dwaling het. Net soos hulle, glo hy dat God nie sonder ons toestemming in die wêreld kan werk nie. Maar wat van verse soos Ps. 115:3, 135:6, Dan. 4:35, Matt. 28:18 en Ef. 1:22: “terwyl onse God tog in die hemel is; …
Goeie Vrydag en die Eindtyd
Sagaria 3 Vir die eerste keer in my lewe is daar nie ’n erediens op Goeie Vrydag nie. Saam met die kwessie van die Koronavirus en ’n paar ander dinge, sien party mense dit as ’n teken van die einde. Ek weet nie of hulle reg is nie en tog sien ek ’n verwantskap tussen …
’n Sterk bemoediging om in Jesus te glo
Hebreërs 7:4-28 Almal ken die idoom wat sê: ‘Goedkoop is duurkoop’. Gestel jy moet tussen twee produkte kies. Die Chinese namaaksel kos R600, terwyl die ware Jakob drie keer die prys is. Jy is beïndruk dat jy net R600 betaal het, maar binne ’n maand breek die produk. Jy ruil dit om, maar weer hou …
Jesus ons Melgisedek
Hebreërs 7:1-3 Wie was Melgisedek? Toe ek jonk was, het my ouma van hom gepraat. Ek het nie geweet wie hy is nie. Later het ek die Bybel deurgelees en by Heb. 7 gekom. Ek het dit nie verstaan nie. ’n Vriend en kollega het gesê dat Melgisedek ’n verskyning van Jesus in die Ou …
Jesus is bevoeg om jou te help
Hebreërs 5:1-10 Hennie het ‘n klomp jaar studeer om ‘n Geoktrooieerde Rekenmeester (Eng. CA) te word. Hy het al die nodige eksamens afgelê en aan al die vereistes voldoen. Hy het selfs ‘n paar jaar se ondervinding agter die blad. Toe PwC ‘n rekenmeester soek en hy daarvoor aansoek doen, het hy die werk gekry omdat hy bevoeg …
Die goue draad van verlossing
Verskeie tekste Toe het verlede week deur die Karoo gery het, toe sien ek ‘n rotsrif wat vir kilometers teen die berge loop. So is die goue draad van verlossing in die Bybel ook. As jy altyd net op die detail van ‘n gegewe teks fokus, mis jy dit. As jy egter terugstaan en die …
Die volharding van ons geloof
Hebreërs 4:14-16 ‘n Baba benodig suurstof in die baarmoeder. Hy benodig dit wanneer Hy die baarmoeder verlaat en gebore word. Hy benodig dit deur sy hele lewe hier op aarde. Sonder suurstof sal hy doodgaan. Net so benodig ons Jesus om te lewe. Ons benodig Hom vir weergeboorte, geestelike groei, volharding tot die einde en die ewige …