Christus oor die chaos

Psalm 72 Die wêreld is in chaos: Covid-19, die grendelstaat, die ekonomie, Suid-Afrikaanse boere wat vermoor word, Black Lives Matter met hulle transgender agenda, gay huwelike in die NG-Kerk, die ontploffing in Beirut, Iranese Christene wat vervolg word, die toenemende misdaad in Suid-Afrika, en meer. Soos die Here egter in Gen. 1:2 oor die chaos …

Lees meer Christus oor die chaos

Wat doen Jesus vir sy kinders?

Hebreërs 9:23-28 Ek was jare gelede by ’n jeugbyeenkoms waar ’n man skaamteloos oor sy musikale talente geroem het. Hy het ook die Here vir sy peperduur Nike tekkies geprys en gesê: ‘I am so blessed. Praise the Lord! Thank you Jesus! Man, I am so blessed.’ Jy kan seker raai dat hy uit ’n …

Lees meer Wat doen Jesus vir sy kinders?

Die laaste wense en testament van Jesus Christus

Hebreërs 9:15-22 ’n Testament is ’n persoonlik dokument wat nie vir almal se oë bedoel is nie. En tog is Jesus se testament oop en kan almal dit lees. Die vraag is of jou naam in die testament geskryf staan. Hoe kan jy weet of jou naam daarin is?   1. Die Testateur en Eksekuteur …

Lees meer Die laaste wense en testament van Jesus Christus

Christene, Covid-19 en die Ekonomie

Ses Redes Hoekom Christene Nie Covid-19 Se Impak Op Die Ekonomie Moet Vrees Nie Lukas 12:22-34 Covid-19 het reeds ’n impak op ons gemeente gemaak. Een persoon se salaris is met 20% gesny. ’n Ander een kry minder geld tydens die grendelstaat [Eng. lockdown]. Nóg ’n persoon kry glad nie betaling vir die vyf weke …

Lees meer Christene, Covid-19 en die Ekonomie

Goeie Vrydag en die Eindtyd

Sagaria 3 Vir die eerste keer in my lewe is daar nie ’n erediens op Goeie Vrydag nie. Saam met die kwessie van die Koronavirus en ’n paar ander dinge, sien party mense dit as ’n teken van die einde. Ek weet nie of hulle reg is nie en tog sien ek ’n verwantskap tussen …

Lees meer Goeie Vrydag en die Eindtyd

Wat leer die Koronavirus ons van God?

Luister na die Diens 1Samuel 5:1-7:2 Ek het hierdie week ’n WhatsApp gekry wat sê: ‘Ons moenie die idee kry dat die Koronavirus van God af kom nie.’ Is dit waar?   1. Hy is die enigste God (5:1-12) My haarkapper is oortuig dat Allah die ware God is. Ek het vir hom gesê dat …

Lees meer Wat leer die Koronavirus ons van God?

’n Sterk bemoediging om in Jesus te glo

Hebreërs 7:4-28 Almal ken die idoom wat sê: ‘Goedkoop is duurkoop’. Gestel jy moet tussen twee produkte kies. Die Chinese namaaksel kos R600, terwyl die ware Jakob drie keer die prys is. Jy is beïndruk dat jy net R600 betaal het, maar binne ’n maand breek die produk. Jy ruil dit om, maar weer hou …

Lees meer ’n Sterk bemoediging om in Jesus te glo

Gees-gedrewe prediking

Handelinge 1:8 Stel jou voor jy is een van Jesus se apostels. Volgens Matteus, Markus, Lukas, Johannes en Handelinge 1, het jy sy wonderwerke gesien, sy lering gehoor, sy sondelose lewe gesien, saam met Hom aan tafel gesit toe Hy die nagmaal instel, die gebeure rondom sy kruisdood beleef, Hom drie dae later gesien toe …

Lees meer Gees-gedrewe prediking

Jesus is bevoeg om jou te help

Hebreërs 5:1-10 Hennie het ‘n klomp jaar studeer om ‘n Geoktrooieerde Rekenmeester (Eng. CA) te word. Hy het al die nodige eksamens afgelê en aan al die vereistes voldoen. Hy het selfs ‘n paar jaar se ondervinding agter die blad. Toe PwC ‘n rekenmeester soek en hy daarvoor aansoek doen, het hy die werk gekry omdat hy bevoeg …

Lees meer Jesus is bevoeg om jou te help

Die volharding van ons geloof

Hebreërs 4:14-16 ‘n Baba benodig suurstof in die baarmoeder. Hy benodig dit wanneer Hy die baarmoeder verlaat en gebore word. Hy benodig dit deur sy hele lewe hier op aarde. Sonder suurstof sal hy doodgaan. Net so benodig ons Jesus om te lewe. Ons benodig Hom vir weergeboorte, geestelike groei, volharding tot die einde en die ewige …

Lees meer Die volharding van ons geloof

Jesus is groter as Moses

Hebreërs 3:1-6 Toe my seun die tema van my preek sien, toe sê hy: ‘Wat! Al wéér ‘n tema wat sê Groter As?’ Maar dit is waaroor Hebreërs gaan. Jesus is groter as die engele (hfst. 1-2), Moses (3:1-6), Josua en die Beloofde Land (4:8-10), die Sabbat (4:8-10), Melgisedek (hfst. 7), die Levitiese priesters (hfst. 7), Aäron (hfst. 7), …

Lees meer Jesus is groter as Moses

Die beste Berader

Johannes 14:15-17 Iemand wat terminaal siek is, soek die beste spesialis. Iemand wat ernstige kar probleme het, soek die beste werktuigkundige. Iemand wat ‘n huis bou, soek die beste bouer. ‘n Gelukkige huwelikspaar wat vir 50 jaar getroud is, soek die beste restaurant. Op elke gebied soek ons die beste. Dit is jammer dat dit …

Lees meer Die beste Berader

Wat maak ons groter as die engele?

Hebreërs 2:10-18 Volgens die Bybel (Ps. 78:49, ESV) het God ‘n groep engele gestuur om Egipte deur die tien plae te verwoes. Hulle het die land platgevee, sodat daar niks oorgebly het nie. Die engele is dus baie magtig. En tog sal die mens in Christus eendag groter wees as die engele (Heb. 2:5-9). In watse opsig sal …

Lees meer Wat maak ons groter as die engele?