Matteus 6:13 John Bunyan het intense versoekings beleef. Die duiwel het hom so aangeval, dat hy verskrik was. ’n Vloedgolf van lasterlike gedagtes het deur sy gedagtes gespoel. Hy het begin wonder of God bestaan en of die Bybel nie miskien ‘n bedrogspul, of ‘n fabel is nie. ‘Hoe weet jy jy is reg oor Jesus; wie sê die …
Kategorie: Die Onse Vader
Is dit nodig om jou sonde te bely?
Matteus 6:12 In sy boek Destined to Reign, sê Joseph Prince dat jy nie jou sonde hoef te bely om vergewe te word nie en dat sonde nie jou verhouding met die Here affekteer nie [Destined to Reign (Tulsa, Oklahoma: Harrison House Publishers, 2007, 2011), 53]. ‘Maar wat van 1Joh. 1:5-10 wat sê dat sonde jou verhouding met die …
Hoe om oor geld te bid
Matteus 6:11 Die meeste mense bid verkeerd wanneer dit by geld kom. Vir party mense is dit al waaroor hulle bid. Hulle beskou die Here as ‘n kosmiese dobbelmasjien wat bestaan om vir hulle geld te gee. Ander is ryk en bid glad nie oor geld nie. Hulle erken nie dat hulle besittings van die …
Die doel van gebed
Matteus 6:10b Vir die Prosperity Gospel is gebed ‘n manier om God te se arm te draai. Deur gebed kan ons Hom manipuleer om te doen wat óns wil hê: Mý besluite. Mý wil. Mý keuses. Dit is byna of jy deur gebed jou geldjie in die reuse vending masjien gooi om te kry wat jy …
Prioriteite in gebed
Matteus 6:10a Baie Christene dink nie wyer as hulle eie behoeftes en probleme wanneer hulle bid nie. Hulle bid m.a.w. nie volgens Jesus se patroon in die Onse Vader nie. Hulle bid skaars of nooit vir die koms van God se Koninkryk deur Bybelse prediking, sending, evangelisasie, bekerings, herlewing en die wederkoms nie. Hulle prioriteite in gebed is verkeerd. Laat ons dan leer om God …
Hoe om reg te bid
Matteus 6:9 Party mense sal sê: ‘Daar is nie ‘n regte en verkeerde manier om te bid nie; solank jou hart opreg is.’ Dit ís so dat jy opreg moet wees, maar kan ‘n Moslem nie ook opreg wees nie? En sal ons sê dat hy reg bid, net omdat hy opreg is? Verseker nie. Volgens Matt. 6 …
Ons model vir gebed
Lukas 11:1 Kinders leer nie net deur wat hulle ouers sê nie, maar deur wat hulle dóén. Geestelik is dit dieselfde: ons leer deur wat God in die Bybel sê, maar ook deur wat Jesus gedurende sy lewe op aarde gedóén het. Dit geld ook vir gebed. Luk. 11:1 wys dit vir ons. Jesus se voorbeeld Ek …