’n Christen se doel vir 2015

[youtube=http://youtu.be/jD1KF-54qhI] Omtrent 15 jaar gelede het een van my dosente dié storie vertel.  Toe hy ‘n jong pa was het hy sy kinders een Vrydag na skool opgelaai.  ‘Waarheen wil julle ry?’ het hy gevra.  Hulle moes eenvoudig ‘links, regs of reguit’ sê.  Hulle klere was in die kattebak.  Hy het êrens in Mpumalanga geeïndig … [Lees verder…]

Vals klagtes en die Finale Oordeel

[youtube=http://youtu.be/zFUokzlvqUo] ‘n Tydjie voordat ek Nelspruit toe getrek het, is een van die gemeentelede se name in die koerant beswadder.  ‘n Bitter siel het die arme oom van egbreuk beskuldig.  Ongelukkig het baie lesers nie onderskeiding gehad nie, en het hulle dit opgeslurp vir die waarheid.   Het iets soortgelyk al met jou gebeur?  Indien … [Lees verder…]

’n Christen se persoonlike lyfwag

Lewendige beeldmateriaal op YouTube wys hoe John F. Kennedy se lyfwagte aangesê is om van die Amerikaanse president se motor af weg te tree.  Kort daarna het Lee Harvey Oswald vir Kennedy doodgeskiet.   Sal ‘n Christen ooit sonder ‘n lyfwag wees?  Die gebeure in Handelinge 21:23-23:35 roep ‘n definitiewe ‘nee’.   Beskerm deur die … [Lees verder…]

Beskerming vir pelgrims

[youtube=http://youtu.be/qOn2r0q8wEQ] Het jy al The Pilgrim’s Progress van John Bunyan gelees?  Die boek gaan oor ‘n man wat sy rug op die Stad van Verwoesting draai en na die Hemelse Stad toe vlug.  Oppad kom hy baie gevare teë:  Berg Sinaï, die Moedverloor Moeras, Apollion, die Dal van Doodskaduwee, die Vallei van Vernedering, leeus, Ydelheidskermis, … [Lees verder…]

Al wat saakmaak

  Of jy nou van Rick Warren se Purpose Driven Life verskil of nie – die konsep is reg:  ‘n mens kan nie traak-my-nie-agtig lewe nie.  Jy moet ‘n doel hê; iets waarvoor jy lewe.  Paulus het vir Timoteus gesê:  “You, however, have followed… my aim in life” (2 Timoteus 3:10, ESV).  Maak seker jou … [Lees verder…]