’n Christelike reaksie op die Koronavirus

Luister na die Diens Habakuk 3 Mense reageer verskillend op die Koronavirus. Voor die grendelstaat [Eng. lockdown] het baie mense paniek aankope gedoen. Ander het ’n traak-my-nie-agtige houding. Ander is fatalisties en sê: ‘As ek die virus kry, kry ek dit. Ek gaan my nie laat inperk nie.’ Ander besluit om teen die regering te …

Lees meer ’n Christelike reaksie op die Koronavirus

Kan Psalm 91 Covid-19 keer?

Luister na die Diens Psalm 91 My tema klink ’n bietjie soos die vraag: ‘Slaan jy nog jou vrou?’ As jy ‘nee’ sê, beteken dit dat jy haar geslaan hét. As jy ‘ja’ sê, beteken dit dat jy haar wél slaan. Die vraag is dus eintlik ’n strikvraag. Dit is dieselfde met my tema: Kan …

Lees meer Kan Psalm 91 Covid-19 keer?

God se hand agter die Koronavirus

Luister na die Diens 2Samuel 24 Sonder om die titel te sien, kan jy aflei waaroor ’n boek gaan deur te kyk na watse woorde herhaal word. As jy byvoorbeeld in elke vierde sin die woord ‘krieket’, of ‘Rolls Royce’ sien, weet jy dat dit die outeur se punt is. Ons vind dit ook in …

Lees meer God se hand agter die Koronavirus

Wat leer die Koronavirus ons van God?

Luister na die Diens 1Samuel 5:1-7:2 Ek het hierdie week ’n WhatsApp gekry wat sê: ‘Ons moenie die idee kry dat die Koronavirus van God af kom nie.’ Is dit waar?   1. Hy is die enigste God (5:1-12) My haarkapper is oortuig dat Allah die ware God is. Ek het vir hom gesê dat …

Lees meer Wat leer die Koronavirus ons van God?

Hoe om oor die Koronavirus te bid

Luister na die Diens Matteus 6:9-13 Teen hierdie tyd weet die hele wêreld van die Koronavirus. Teen die tyd wat ek hierdie boodskap bring, sal die sterftesyfer bo 9000 wees. Die tragiese deel is dat die meeste mense wat aan die virus sterf nie die Here ken nie. Baie van hulle moet ook alleen sterf, …

Lees meer Hoe om oor die Koronavirus te bid

Emosionele Probleme: Ongeduld

Jakobus 5:7-11 Ons lewe in ’n kits samelewing waar mense nie wil wag nie. As dinge nie teen jóú pas en volgens jóú voorkeure gebeur nie, dan raak jy ongeduldig. As die winkel jou nie dadelik help nie, ry jy na ’n ander winkel toe. Ons raak ongeduldig as ons iemand bel en hulle nie …

Lees meer Emosionele Probleme: Ongeduld

’n Belofte wat jou sal help om vas te byt

Romeine 8:28-30 In tye van nood soek almal iets om aan vas te hou. Vir sommige mense is dit hulle geliefdes, hulle gesondheid, hulle geld of hulle lewens. Maar wat as jou beproewing die verlies van hierdie dinge insluit─waaraan hou jy dan vas? Gelowiges het die Here om aan vas te hou; ons het die …

Lees meer ’n Belofte wat jou sal help om vas te byt

’n Bybelse hantering van pyn

Romeine 8:18-27 Soos die res van die mensdom beleef ons pyn. In 2010 het ‘n vriend van my beide sy ouers op een dag verloor. Ek ken ‘n vrou en haar dogters wat kronies siek is en elke paar weke (sonder oordrywing) opgeneem word in die ‘n Man wat by my ouers gebly het is …

Lees meer ’n Bybelse hantering van pyn

Maak die beste van jou beproewing

Stuart Olyott het eenkeer in ‘n preek gesê: ‘Dit is nie beproewing wat jou heilig maak nie, maar jou reaksie daarop.’ Ons moet reg reageer op ons beproewings en dit nie mors nie. Toe ek eenkeer deur ‘n beproewing gaan, toe vra ek ‘n vriend om vir my te bid. Sy reaksie het my gehelp: ‘I want to encourage you not …

Lees meer Maak die beste van jou beproewing

Leer uit ander mense se foute

Ek het eenkeer vir ‘n ouer Christen gevra hoekom hy so baie in geskiedenis belangstel.  ‘Dit help o.a. dat ek nie die foute herhaal wat ander mense gemaak het nie,’ het hy gesê.  Hy het m.a.w. uit ander mense se foute geleer.   Volgens Rom. 15:4, 1Kor. 10:11 is dit ‘n Bybelse beginsel.  Paulus sê: …

Lees meer Leer uit ander mense se foute

God se hulp in jou krisis

In die mid-1700's het Jonathan Edwards sy gemeente se verkeerde praktyke oor die nagmaal aangespreek.  Hy is van die gemeente afgesny.  'n Vriend van my het onlangs iets soortgelyk ervaar.  Dalk het so iets al met jou gebeur: jy doen wat jy dink reg is, en dan neem dinge ‘n wending vir die ergste?  Skielik …

Lees meer God se hulp in jou krisis

Die tien plae: Pes, swere en hael

In Desember 1998 het ek en ‘n vriend vir twee weke in Vryheid gaan preek.  Op weeksdae het ons ‘n vakansie Bybelklub gehou vir kinders.  My vriend het vir die eienaar van die plaaslike SPAR gevra of ons dit daar kon hou.  Die man het gesê:  ‘Ek is ‘n Moslem en het ‘n groot elektrisiteitrekening.  …

Lees meer Die tien plae: Pes, swere en hael