Is daar nog hoop vir Suid-Afrika?

Jesaja 59 Twee weke gelede het iemand vir my gesê: ‘Daar is nie ‘n God nie, maar net die voorvaders wat ons lei.’ Ek het gevra waar reg en verkeerd dan vandaan kom, maar hy het ontken dat dit bestaan. ‘Jy kan doen wat jy wil,’ het hy gesê. ‘Wat van moord en verkragting?’ het ek gevra. ‘Dit …

Lees meer Is daar nog hoop vir Suid-Afrika?

Christus is beter as godsdiens

Filippense 3:7-11 Party mense misverstaan my tema en dink dat ek Jesus teen die kerk afspeel, asof die kerk gelyk is aan godsdiens. Maar dit is ‘n vals onderskeid, omdat Jesus en sy liggaam een is. Wat bedoel ek dan wanneer ek sê dat Christus beter is as godsdiens? ‘n Illustrasie sal help. Martin Luther was baie godsdienstig voor sy …

Lees meer Christus is beter as godsdiens

Hoe moet ’n mens vas?

Jesaja 58:1-12 ‘n Man het eenkeer vir my gesê dat dit misties is om te vas: ‘Die vroeë kerk het nie gevas nadat Jesus opgevaar het hemel toe nie.’ Maar volgens Matt. 9:15 het die kerk juis gevas nadat Jesus opgevaar het hemel toe (vgl. Hand. 13:2-3, 14:23). Jesus se dissipels het gevas, maar nie met verkeerde motiewe soos …

Lees meer Hoe moet ’n mens vas?

Hoekom bestaan jy?

Deuteronomium 6:5 Bestaan jy om geld te maak, die wêreld se plesiere te geniet of by jou familie te wees? Nee, want wat sal van hierdie dinge word wanneer jy doodgaan? Dalk sê jy soos ateïste dat daar nie ‘n rede is vir jou bestaan nie. Maar is jou lewe regtig niks meer as die produk van …

Lees meer Hoekom bestaan jy?

Maak die beste van 2019

Efesiërs 5:15-18 Onthou jy wat jy verledejaar op Nuwejaarsdag gedoen het? Voel dit vir jou soos ‘n jaar gelede? Dit is ‘n cliché om te sê: ‘Die tyd vlieg,’ maar dit is waar. By die ABK Vergaderings het ‘n 68-jarige dominee vir my gesê: ‘Voor jy jou oë uitvee is jy so oud soos ek; dit gaan nét so...’ Omdat …

Lees meer Maak die beste van 2019