Markus 9:14-29 Kleingeloof gaan nie oor mense wat die geloof verloën het, of wat weier om die evangelie te glo nie. Dit gaan eerder oor Christene wie se geloof klein is. Wanneer hulle byvoorbeeld ’n krisis beleef, raak hulle paniekbevange en probeer hulle self om die probleem op te los eerder as om na die …
Author: baptistekerkkemptonpark
Paulus: ’n model leier
Handelinge 20:17-35 Aan die begin van my bediening in Kemptonpark, het ek gereeld in ons agterplaas op die grasperk geloop en bid. Op daardie stadium was my jongste dogter omtrent drie. Met hande agter die rug en ’n geboë hoof het sy op en af langs my geloop en prewel. Net soos wat sy en …
Getroue herders
Hebreërs 13:18-25 Ek het twee vriende in die bediening wat op die oomblik deur ’n moeilike tyd gaan. In die een se gemeente is verskeie egpare besig om te skei. In die ander een se gemeente is daar ’n groep rebelle wat skeuring veroorsaak. In beide gevalle bly my vriende getrou aan die Here en …
Persoonlike Probleme: Vooroordeel en Agterdog
1Korintiërs 4:1-5 Die Engelse woord vir vooroordeel is ‘prejudice’. Miskien het jy die woord gehoor in Jane Austen se boek, Pride & Prejudice. Om bevooroordeeld te wees, beteken dat jy iemand oordeel nog voordat jy iets van hulle weet. Jy oordeel hulle met ander woorde as goed, of sleg op grond van iets uiterlik: hulle …
Outentieke Christenskap
Hebreërs 13:7-17 Die Engels vir outentiek is authentic of genuine. ’n Mens kan van outentieke Nike tekkies praat. Dit verwys na die regte produk eerder as na die Chinese namaaksel. Dit werk ook so met Christenskap. Baie mense nóém hulleself Christene: mense in kultusse, liberale gemeentes, en die Katoliekekerk. Maar is hulle Christene in die …
Persoonlike Probleme: Onbeantwoorde Gebed
Verskeie Tekste God is die hoorder van gebed (Ps. 65:3). Sy normale patroon is om presies te gee waarvoor ons vra (Matt. 7:7-11). In baie gevalle antwoord Hy gou—selfs nog voordat ons vra (Jes. 65:24, Luk. 18:7-8). Soms gee Hy meer as waarvoor ons vra (Ef. 3:20). Maar partykeer sê Hy ook ‘nee’. Hy genees …
Persoonlike Probleme: Skynheiligheid
Lukas 11:37-54 Die Griekse woord vir ‘skynheilige’ [hupokritēs] verwys na ’n akteur in die teater wat toneel speel met ’n masker op. So was die Fariseërs en die wetgeleerdes in Luk. 11:37-54. Lukas gee vir ons agt kenmerke van ’n skynheilige. 1. Hulle stel hulle tradisies bo die Bybel (v.37-38) Jaap is die nuwe predikant …
Praktiese Christenskap
Hebreërs 13:1-6 Praktiese Christenskap is ’n pleonasme. Dis is soos om te praat van ’n ronde sirkel, of ’n dooie lyk. So asof mens ’n sirkel kry wat nie rond is nie, of ’n lyk wat lewe. Net so is Bybelse Christenskap per definisie prakties. Waar Christenskap nie ’n praktiese effek op jou lewe het …
Persoonlike Probleme: Sonde teen die Heilige Gees
Matteus 12:22-32 Eintlik is daar meer as een sonde teen die Heilige Gees. ’n Mens kan die Gees bedroef, uitblus, weerstaan en laster. Die eerste drie van hierdie sondes kan vergewe word (Hand. 7:51, 58, 60, 8:1, 3, 9:1-19, Ef. 4:30, 1Tess. 5:19). Die laaste een kan nie (Matt. 12:31-32). As ek in hierdie preek …
Die Laaste Waarskuwing
Hebreërs 12:25-29 Daar is vyf waarskuwingstekste in Hebreërs (2:1-4, 3:7-4:13, 5:11-6:12, 10:19-39, 12:14-29). Vandag maak ons klaar met die laaste een. Dalk was dit vir eerste lesers ook die laaste een in dié sin dat daar nie nóg ’n kans vir bekering sou wees indien hulle hierdie een geïgnoreer het en besluit het om die …
Persoonlike Probleme: Afvalligheid of ‘Backsliding’
Openbaring 3:14-22 Die woord ‘afvalligheid’ verwys gewoonlik na mense wat die geloof verloën. Dit kan egter ook verwys na mense wat vir ’n tyd lank van die Here af wegdwaal. In hierdie boodskap gaan ons die tweede definisie behandel. Volgende keer sal ons na die eerste definisie kyk. 1. Die probleem (v.15-17) ’n Bietjie agtergrond …
Lees meer Persoonlike Probleme: Afvalligheid of ‘Backsliding’
’n Motivering om by die kerk aan te sluit
Hebreërs 12:18-24 Ek bedoel nie noodwendig dat jy by óns gemeente moet aansluit nie. Ek bedoel eerder dat jy deel moet wees van ’n Bybelse kerk. My gebed is dat die Heilige Gees Heb. 12:18-24 sal gebruik om jou te motiveer om deel te word van Jesus se kerk in die wêreld, en ook om …
Persoonlike Probleme: Sondige Gedagtes en -Drome
Spreuke 4:20-23 Toe ek in die laerskool was, het ek gedagtes vol roem gehad. Ek het gedagdroom oor hoe mense my prys. Later in my hoërskool loopbaan en kort daarna, het ek gedagtes van wellus bygevoeg. Mense wat my geken het, het gedink dat ek ’n goeie seun is. Maar hulle het nie my gedagtes …
Goddelike Dissipline
Hebreërs 12:5-17 Ons samelewing is tot ’n groot mate teen dissipline. Die dissipline in skole is swak, sodat die onderwysers met hulle hande in hulle hare sit. Selfs ouers mag nie meer hulle kinders pak gee nie. Die meeste kerke pas nie kerkdissipline toe nie. Hierdie ongedissiplineerde gesindheid raak selfs publieke dienste soos die polisie. …
Persoonlike Probleme: Wêreldsgesindheid en Versoeking
Matteus 18:7-9 Omtrent 8 jaar gelede het my suster en swaer ’n Baptistekerk in Seattle besoek. Voor hulle het ’n transgender man gesit. Die vroue prediker het vertel hoe wonderlik hulle gemeente is. In haar hele ‘preek’ het sy nie een keer die Here erken nie. Wat maak dat kerke toegee aan die versoeking om …
Lees meer Persoonlike Probleme: Wêreldsgesindheid en Versoeking
Hoe om enduit te volhard
Hebreërs 12:1-4 Volgens 2Kron. 14-16 het koning Asa die Here getrou gedien, maar op die einde het hy weggedraai. In die Nuwe Testament sien ons dat Demas ’n dissipel was, maar op die einde het hy die wêreld liefgekry en die Here verloën (Kol. 4:14, Filem. 24, 2Tim. 4:10). Vandag nog draai baie mense van …
Christus oor die chaos
Psalm 72 Die wêreld is in chaos: Covid-19, die grendelstaat, die ekonomie, Suid-Afrikaanse boere wat vermoor word, Black Lives Matter met hulle transgender agenda, gay huwelike in die NG-Kerk, die ontploffing in Beirut, Iranese Christene wat vervolg word, die toenemende misdaad in Suid-Afrika, en meer. Soos die Here egter in Gen. 1:2 oor die chaos …
Persoonlike Probleme: Pyn en Lyding
Job 1-42 In 1993 het ’n paar gewapende mans by St James Kerk in Kenilworth ingestap. Elf mense is dood en nog 55 gewond. In 1967 het die 17-jarige Joni Eareckson in vlak water ingeduik en haar nek gebreek. Sy is al vir 57 jaar ’n kwadrupleeg. Laasweek het rowers by ’n huis in Muldersdrift …
Stiltetyd: Gebed
Markus 1:35-39 Martin Luther het gesê: ‘As it is the business of tailors to make clothes and of cobblers to mend shoes, so it is the business of Christians to pray.’1 Elke Christen weet dat ’n opregte en volhardende gebed ’n Christen se lewe kenmerk (Hand. 9:11) en dat ons sonder die Here niks kan …
’n Geloof om na te volg
Hebreërs 11:29-40 Toe ek ’n kind was, het my leraar in sy preke illustrasies uit die kerkgeskiedenis gedeel. Sodoende het hy die geloof sigbaar, tasbaar en werklik gemaak, sodat mense dit kon navolg. Om dieselfde rede moet ons die Ou Testament lees en uit mense se foute en suksesse leer (Rom. 15:4, 1Kor. 10:11, Heb. …