Onlangse Plasings

  • Hernu jou Toewyding Feb 6, 2021 by Baptiste Kerk Kempton Park Geplaas in: Afvalligheid, Geestelike Groei, Josua, Josua 24:1-28 Josua 24:1-28 Ek is nie ’n groot voorstaander van altar calls nie. Buiten dat dit nie in die Bybel voorkom nie, het baie van dié wat navore kom ’n vals bekering. Dit is ook so dat party van hulle gedurig uitkom en dink dat hulle van voor af tot bekering moet kom. En tog dink ek dat daar ’n tyd en ’n plek is vir gelowiges om hulleself opnuut aan die Here toe te wy. Vandag is so ’n geleentheid.… Lees Verder
  • Jou Oorwinning in Jesus Feb 6, 2021 by Baptiste Kerk Kempton Park Geplaas in: Lukas 4:1-13, Versoeking Lukas 4:1-13 Toe een van ons ouderlinge laasweek oor versoeking gepreek het, het die Here my aangespreek. Hy het my gewys dat ek begin fokus het op my strategieë om sonde te oorwin eerder as op Jesus se kruisdood. Ek het toe besef dat die sleutel om versoeking te oorwin nie hoofsaaklik in strategieë lê nie (al is dit Jesus se strategieë). As dit immers die sleutel was, dan kan selfs ongelowiges hulle sonde oorwin.   Daarom lê die geheim… Lees Verder
  • Die Naam bo elke naam Jan 23, 2021 by Baptiste Kerk Kempton Park Geplaas in: Christus, Lukas 3:23-38 Lesse uit Jesus se Stamboom Lukas 3:23-38 Des en Jenny Oatridge was sendelinge wat onder die Binumarien stam van Papua-Nieu-Guinea gewerk het. Hulle het die Bybel in die mense se taal vertaal. Toe Des Matteus vertaal het, het hy Jesus se geslagsregister in Matt. 1:1-14 vir laaste gelos. Hy het byna daarvan vergeet. Hy het dit egter vertaal en op aandrang van sy tolk vir die mense gaan voorlees. Toe hy die geslagsregister begin voorlees, toe luister die mense met… Lees Verder
  • Hoe om te bid in ’n tyd soos hierdie Jan 23, 2021 by Baptiste Kerk Kempton Park Geplaas in: Efesiers 3:14-21, Gebed Efesiërs 3:14-21 Saam met baie ander mense in Suid-Arika en die wêreld gaan ons gemeente deur moeilike tye. Mense sukkel finansieel, verloor hulle geliefdes deur die dood, word siek van Covid, het ander kwale, sit eensaam en alleen in oue tehuise, kan nie by die eredienste uitkom nie, en meer. Hoe moet ’n mens in sulke tye bid? Dit is waar Ef. 3:14-21 inkom. 1. U is my Vader (v.14-15) Sommige kinders is so bang vir hulle pa’s, dat hulle… Lees Verder
  • Jesus in die Kollig Jan 15, 2021 by Baptiste Kerk Kempton Park Geplaas in: Christus, Doop, Drie-Eenheid, Heilige Gees, Lukas 3:15-22 Lukas 3:15-22 Ek verag dit as ’n leraar ’n groot foto van homself en sy vrou op hulle webtuiste, of kennisgewing sit. Ek kry die idee dat hý en nie Jesus nie, in die kollig is. In Luk. 3 is Jesus in die kollig en gee Johannes nie om dat hy in die agtergrond verdwyn nie. 1. Johannes se getuienis (v.15-20) Bruce word skatryk deurdat hy sy maatskappy se toerusting op die kantlyn gebruik om ’n ekstra inkomste te verdien.… Lees Verder
  • Die Covid Entstof: Wat sou Jesus doen? Jan 15, 2021 by Baptiste Kerk Kempton Park Geplaas in: Grys Areas, Kontemporêre kwessies, Romeine 15:1-7 Romeine 15:1-7 Dit is ’n relevante vraag, veral omdat gelowiges aan beide kante van die debat staan en sterk daaroor voel. Op die einde maak dit egter nie saak wat jý dink nie, maar wat die Bybel sê. Daarom dat ek vra: wat sou Jesus doen? Rom. 15:1-7 leer vir ons wat Hy sou doen. 1. Hy sou ander verdra het (v.1) Ek het onlangs ’n predikant hoor sê dat die entstof jou brein sal oorneem, sodat jy ’n robot… Lees Verder
  • Waar is die God van Handelinge? Jan 9, 2021 by Baptiste Kerk Kempton Park Geplaas in: Gebed, Handelinge, Handelinge 1-28, Kerkgroei, Prediking en roeping Kerkgroei in die 1ste Eeu en Vandag Handelinge 1-28 Omtrent 18 maande gelede toe praat ek en ’n ander leraar oor kerkgroei. Hy het my vertel wat een van sy dosente gesê het: ‘Waar ’n gemeente nie groei nie sê die leraar maklik: “Ek het ’n Jeremia bediening. Mense stel nie belang in die waarheid nie en daarom groei ons gemeente nie.” Maar as baie ander gemeentes rondom jou groei terwyl joune stilstaan, is daar iets fout.’ Hiermee bedoel ek… Lees Verder
  • Wees gereed om jou God te ontmoet! Jan 8, 2021 by Baptiste Kerk Kempton Park Geplaas in: Lukas 3:1-14, Verlossing, Wederkoms Lukas 3:1-14 Lorette se man vergeet om vir haar te sê dat die skoonfamilie kom kuier. Sy hoor dit drie ure voor die tyd. Sy is omgekrap en jaag om die huis op te ruim, beddegoed te was en kos voor te berei. Haar man koop blomme om jammer te sê dat hy haar nie laat weet het nie. Na ’n lang gesprek sorteer hulle dinge uit. Ongelukkig is die Messias se koms nie dieselfde as jou skoonfamilie wat kom… Lees Verder
  • Lesse uit Jesus se Kinderdae Jan 2, 2021 by Baptiste Kerk Kempton Park Geplaas in: Christus, Kinders, Lukas 2:39-52 Lukas 2:39-52 In enige goeie biografie is daar ’n hoofstuk, of meer oor die persoon se kinder- en jongmens lewe. Mens vind dit egter nie in die vier Evangelies (Jesus se biografieë) nie. Bogenoemde teks is die enigste paragraaf in die Bybel oor Jesus se kinderdae. Buiten vir hierdie paar verse weet ons niks van die tyd tussen sy geboorteverhale en bediening wat op 30 begin het nie (vgl. Luk. 3:23). ’n Paar buite-Bybelse bronne dínk hulle weet, maar hulle… Lees Verder
  • 2021: Lig na die Donker Dec 30, 2020 by Baptiste Kerk Kempton Park Geplaas in: 2Korintiers 1:3-11, Beproewings en siekte, Nuwejaar 2Korintiërs 1:3-11 Dit was die leuse van Calvyn en later ook die Protestantse Hervorming: Post tenebras lux—Na donker, lig. Die inskripsie was op Geneve se munte en kan vandag by die Hugenote Museum in Franschhoek gesien word. Dit is asof die hervormers gesê het: ‘Die Katoliekekerk het ons vir ’n duisend jaar in die donker gehou, deurdat hulle God se Woord van die mense weerhou het. Na die duisternis het God deur sy Woord en die prediking daarvan lig gebring.’… Lees Verder