Onlangse Plasings

  • Familie, Huisgesin en Huwelik: Die Vrou se Rol Mar 20, 2021 by Baptiste Kerk Kempton Park Geplaas in: Efesiers 5:21-24 en 33b, Manlikheid en Vroulikheid Efesiërs 5:21-24 & 33b Op 9 September 2009 het Freek Robinson ’n gesprek op RSG gehad met prof. Hansie Wolmarans, prof. Lilly Nortjé-Meyer en Gretha Wiid. Dit was oor die rol van mans en vroue in die huwelik. Wiid het die tradisionele siening gehuldig, naamlik dat ’n man die hoof van die huis is en dat sy vrou aan hom onderdanig moet wees. Die ander twee sprekers het haar siening as seksisties afgemaak. Ek het na ’n deel van die… Lees Verder
  • Familie, Huisgesin en Huwelik: Kies die Regte Lewensmaat Mar 14, 2021 by Baptiste Kerk Kempton Park Geplaas in: Besluitneming, Huisgesin en huwelik Verskeie Tekste Hoe kies ’n mens die regte lewensmaat? Hollywood en Walt Disney sal sê: ‘Die oomblik toe ons mekaar sien, toe weet ons ons is vir mekaar bedoel.’ Hierdie is die tipe mense wat sê: ‘Volg net jou hart’ (kontra Jer. 17:9). Vir hulle gaan alles oor die uiterlike. Toe ek eenkeer vir ’n ongelowige vra wat hom tot sy verloofde aangetrek het, toe sê hy: ‘Haar lyf.’ Sulkes mense trou vinnig en skei net so gou. Party mense… Lees Verder
  • Kwalifiseer jy vir die Koninkryk? Mar 13, 2021 by Baptiste Kerk Kempton Park Geplaas in: Evangelie, Lukas 5:27-32 Lukas 5:27-32 Enige kind sal ongelukkig wees as sy, of haar pa net vir een van hulle ’n roomys koop. Party mense dink die Here is so as net party mense vir die Koninkryk kwalifiseer. Daarom oortuig hulle hulleself dat dit vir almal is. Maar volgens die Bybel is die Koninkryk nie vir almal nie: “Gelukkig is die armes van gees, want aan hulle behoort die koninkryk van die hemele.” (Matt. 5:3).1 “Want Ek sê vir julle, as julle geregtigheid… Lees Verder
  • Kán en wíl Jesus my help? Mar 6, 2021 by Baptiste Kerk Kempton Park Geplaas in: Christus, Lukas 5:12-26 Lukas 5:12-26 Jan is ’n boemelaar met ’n ryk familie. Hulle kán hom help, maar hulle wíl nie. Sy vriend daarenteen wíl hom help, maar hy kán nie. Jesus is nie so met sondaars nie. Hy wíl ons help en Hy kán ook.   1. Jesus wíl jou help (v.12-15) In die Bybel verwys melaatsheid na ’n verskeidenheid van vel siektes. Baie daarvan is aansteelik. In sy ekstreme vorm (Hansen-siekte) vrot die persoon se liggaam, sodat hy sy neus, vingers,… Lees Verder
  • Familie, Huisgesin en Huwelik: Wat is die Huwelik? Mar 5, 2021 by Baptiste Kerk Kempton Park Geplaas in: Genesis 2:18-25, Huisgesin en huwelik Genesis 2:18-25 Wat is die huwelik? Een man het vir my gesê: ‘Sodra ’n man en ’n vrou saam slaap, is hulle in God se oë getroud.’ Nog ’n man wat saam met sy meisie bly, praat van haar as ‘my vrou’. Volgens die NG-Sinode kan homoseksuele mense getroud wees. Jacob Zuma is tegelykertyd getroud met ’n paar vroue. Koning Henry VIII (1491-1547) van Engeland het ses vroue gehad. Hy het van hulle laat doodmaak en het van ander geskei.… Lees Verder
  • Visvang vir Jesus Feb 26, 2021 by Baptiste Kerk Kempton Park Geplaas in: Evangelisasie, Lukas 5:1-11, Prediking en roeping Lukas 5:1-11 Ek ken ’n leraar wat versot is op hengel. Volgens hom sal hy selfs in ’n slaggat vol modderwater probeer hengel. ’n Man in ons gemeente is ook so. Hy hengel in varswater, van die strand af, van die rotse af, in die diepsee—enige plek. Sommige Christene is so wanneer dit by evangelisasie, of visvang vir Jesus kom. Hulle is daarvoor gebore. Ek dink hier aan evangeliste soos George Whitefield, John Wesley, Charles Spurgeon, D.L. Moody, en Ray… Lees Verder
  • Familie, Huisgesin en Huwelik: Weduwees Feb 24, 2021 by Baptiste Kerk Kempton Park Geplaas in: Johannes 19:25-27, Weduwees en weeskinders Johannes 19:25-27 Daar is meer weduwees as wewenaars. Volgens een webtuiste is 80% van mense wie se lewensmaats sterf vroue, terwyl slegs 20% mans is.1 Dit is omdat mans oor die algemeen meer roekeloos is as vroue. Hoeveel vroue jaag met hulle karre, skiet op mekaar, speel rugby, rook, drink, of raak betrokke in vuisgevegte? Sekerlik ’n klompie, maar definitief nie soveel soos mans nie. Vroue leef ook langer, omdat mans se hormone (testosteroon) nie die immuunstelsel help soos vroue… Lees Verder
  • Woorde van Lewe en Krag Feb 20, 2021 by Baptiste Kerk Kempton Park Geplaas in: Beproewings en siekte, Lukas 4:31-44 Lukas 4:31-44 Party predikers maak die fout om te dink hulle kan alles doen wat Jesus gedoen het. Om hulle punt te bewys, verwys hulle na Joh. 14:12 wat sê dat dié wat in Jesus glo dieselfde en selfs groter werke as Hy sal doen. Maar waar het iemand al ooit ’n storm stil gemaak, of 5000 gesinne uit ’n seuntjie se kosblik gevoer? En wie het al meer wonderwerke as Jesus gedoen (Joh. 21:25)? Die mense wat dink dat… Lees Verder
  • Familie, Huisgesin en Huwelik: Enkelskap Feb 14, 2021 by Baptiste Kerk Kempton Park Geplaas in: 1Korintiers 7:25-38, Enkelskap 1Korintiërs 7:25-38 Die meeste getroudes (ek inkluis) verstaan nie die frustrasie en versoekings van enkellopendes nie. Hulle is dikwels eensaam. Hulle word versoek om na pornografie te kyk, of romanse en vroue tydskrifte te lees wat ’n mens seksueel opwek. Hulle word versoek om by iemand in te trek en seksueel losbandig te leef. Hulle vrees dat hulle biologiese klok sal uitloop en dat hulle nie kinders sal hê nie. Hulle word versoek om deur in vitro-bevrugting vir hulleself kinders… Lees Verder
  • ’n Geesvervulde Bediening Feb 13, 2021 by Baptiste Kerk Kempton Park Geplaas in: Christus, Lukas 4:14-30 Lukas 4:14-30 John Livingstone was ’n gewone prediker uit Kilsyth in Skotland. In 1630 is hy gevra om by ’n gesamentlike diens te preek waar hulle die nagmaal gevier het. Hy was benoud en het gevoel dat die taak vir hom te groot is. Deur die nag het hy in die veld gaan peins en bid. Die volgende oggend het hy vir ’n uur en ’n half uit Eseg. 36 gepreek. Toe hy by die toepassing kom, het die Gees… Lees Verder