Onlangse Plasings

  • Hoekom het God jou gemaak? Jun 19, 2021 by Baptiste Kerk Kempton Park Geplaas in: Beeld van God, Mens, Psalm 8 Psalm 8 Hierdie was my oupa se gunsteling Psalm. Wanneer ons by hulle gaan kuier het, het hy dit gelees voor ons terugkeer huistoe. Dawid antwoord die basiese vraag van elke mens: hoekom is ek hier; hoekom het God my gemaak?   1. Om onder Hom te wees (v.1-5) In November 2009 het ek op die berg by Klein Kariba gaan sit om te kyk hoe die son opkom. Ek het ’n stukkie van die hemel ervaar toe ek oor… Lees Verder
  • Familie, Huisgesin en Huwelik: Finansies Jun 19, 2021 by Baptiste Kerk Kempton Park Geplaas in: Finansies Verskeie Tekste In 90% van egskeidings in die VSA speel geld ’n prominente rol.1 Maar as elke lid van ’n gesin die Bybel se lering oor geld verstaan, sal rusie daaroor nie ’n kwessie wees nie. Wat leer die Bybel ons oor geld?   1. Alles wat jy het behoort aan die Here Die gemiddelde Christen dink dat een tiende van sy inkomste aan die Here behoort, terwyl die res syne is om te spandeer soos hy wil. Die waarheid… Lees Verder
  • Die laaste wêreldryk Jun 12, 2021 by Baptiste Kerk Kempton Park Geplaas in: Christus, Koninkryk, Psalm 2 Psalm 2 Christene glo verskillend oor die eindtyd. Baie verwag ’n nuwe wêreldorde en een wêreldregering. Ek sien dit nie in die Bybel nie. Volgens tekste soos Dan. 2 het Jesus se Koninkryk reeds begin en sal daar geen ryk na syne wees nie. Die Babiloniese ryk het geval. Die Griekse-, Persiese- en Romeinse ryk bestaan nie meer nie. Jesus se ryk het by sy eerste koms begin, is besig om te groei en sal by die wederkoms vervul word.… Lees Verder
  • Familie, Huisgesin en Huwelik: Skoonfamilie Jun 12, 2021 by Baptiste Kerk Kempton Park Geplaas in: Genesis 2:24, Skoonfamilie Genesis 2:24 Jay Adams sê: ‘Perhaps the most difficult of all relationships to deal with is the in-law relationship... in-law troubles plague not only the recently married; sometimes they persist for thirty years!’1 Ek het met ’n getroude paartjie gesels wat vir 28 jaar skoonfamilie probleme gehad het. Laat ons daarom mooi luister na wat die Bybel hieroor sê.   1. Stel jou maat eerste Dalk klink dit vir jou soos ’n gegewe, maar dit is nie. ’n Paar jaar… Lees Verder
  • Familie, Huisgesin en Huwelik: Konflikhantering May 29, 2021 by Baptiste Kerk Kempton Park Geplaas in: Jakobus 4:1-3, Konflik Jakobus 4:1-3 Toe ek as kind saam met my nefies by my ouma gekuier het, het ons klippe by die spruitjie opgetel. As mens die klippe teen mekaar gekap het, het dit vonke gemaak. Ons het die vuurklippe genoem. Dit is ook wat gebeur wanneer jy sondaars bymekaar sit; daar is vonke. Sommige getroude paartjies en gesinne sal sê dat hulle nie konflik het nie. ’n Getroude man het in my sitkamer geroem dat hy en sy vrou nooit baklei… Lees Verder
  • Die gevare van ’n kritiese gees May 28, 2021 by Baptiste Kerk Kempton Park Geplaas in: Kritiese gees, Lukas 6:37-42 Lukas 6:37-42 ’n Voedselkritikus is iemand wat die voorkoms, tekstuur en smaak van kos evalueer en in ’n tydskrif of koerant daaroor skryf. So iemand sal as ’n gewone kliënt by ’n restaurant opdaag en dit op grond van hulle diens en die ete gradeer (soos in Walt Disney se tekenprent Ratatouille). Dit is nie probleem as jy ’n bord kos so evalueer nie, maar om mense se karakter uitmekaar te trek, is sonde. Ek onthou hoe die Here my… Lees Verder
  • Hoe om Julius Malema en die res van jou vyande lief te hê May 14, 2021 by Baptiste Kerk Kempton Park Geplaas in: Liefde, Lukas 6:27-36, Vervolging Lukas 6:27-36 Jy kan enige vyand se naam met Malema s’n vervang, maar ek noem syne, omdat hy die meeste van ons omroer as hy rassehaat, grondgrype en moord blaas. Miskien pla hy jou nie juis nie. Die vraag is dan wie jóú vyand is. Is dit jou lewensmaat, ’n ouer, ’n kind, ’n broer, ’n suster, ’n familielid, ’n kollega, ’n boelie by die skool, of ’n vreemdeling wat die lewe vir jou moeilik maak? Volgens Jesus moet jy… Lees Verder
  • Familie, Huisgesin en Huwelik: Effektiewe Kommunikasie May 9, 2021 by Baptiste Kerk Kempton Park Geplaas in: Kommunikasie Verskeie Tekste Jay Adams vertel van ’n paartjie wat ernstige seksuele probleme gehad het. Hy het egter hulle kommunikasie-probleme aangespreek. Nadat hulle vir ’n paar maande aan hulle kommunikasie gewerk het, toe sê hulle: ‘Ons benodig nie meer berading vir ons seksuele probleme nie—dit is opgelos!’1 Byna elke probleem in die huwelik, gesin en familie kan teruggelei word na ’n afbreek in kommunikasie. Mense praat nie met mekaar nie, of hulle praat verkeerd. Wat is dan die Bybelse beginsels vir… Lees Verder
  • ’n Lewe van Seën en Vervloeking May 8, 2021 by Baptiste Kerk Kempton Park Geplaas in: Beloftes, Lukas 6:17-26 Lukas 6:17-26 Die Prosperity gospel is ’n vals boodskap wat sê dat dit altyd God se wil is vir Christene om gesond, voorspoedig en ryk te wees. Ons verag hierdie boodskap, maar in wese sê ons partykeer dieselfde. As ons geld het, of gesond is, sê ons: ‘Die Here seën my.’ Maar beteken dit dat die Christen wat arm, of siek is, nié geseënd is nie? Dit is verseker nie wat Jesus hier met seën en vervloeking bedoel nie. Wat… Lees Verder
  • Familie, Huisgesin en Huwelik: Eenheid en Verdeeldheid May 2, 2021 by Baptiste Kerk Kempton Park Geplaas in: Eenheid, Kolossense 3:5-15 Kolossense 3:5-15 Een van my kollegas was jare gelede by John MacArthur se kerk in Los Angeles. By een van die dienste het die gemeente ’n dissipline saak gehad. ’n Sekere gesin het aanhoudend baklei, rusie veroorsaak, geskinder en verdeeldheid gebring. Die leiers het ’n foto van hulle op die skerm gewys en die gemeente teen hulle gewaarsku. Verdeeldheid in gesinne en families het by die sondeval begin. Direk nadat Adam en Eva gesondig het, was hulle verdeeld en het… Lees Verder