Galbitter Getsemane

Die bitter nasmaak van Grand-Pa hoofpyn poeier op jou tong is wat Getsemane vir Jesus se siel was.  Iemand het gesê dat sy liggaam op Golgota gekruisig is, terwyl sy siel in Getsemane gekruisig is.  Hoekom was dit so bitter; wat het dit so erg gemaak?  Mark. 14:32-42 wys vir ons wat op daardie donker …

Lees meer Galbitter Getsemane

Advertisements

Christene en die groot verdrukking

Matteus 24:15-28 Ek weet nie of jy Tim LaHaye en Jerry B. Jenkins se Left Behind reeks gelees of gekyk het nie?  Ek het twee van die films gesien.  Dit is vol van aksie en lekker om te kyk.  Maar wat my betref is dit pure fiksie, want volgens Matt. 24:15-28 het die groot verdrukking …

Lees meer Christene en die groot verdrukking

Hoekom het ons die evangelie nodig?

Romeine 1:18-32 Soms laat medisyne jou slegter voel voordat dit jou beter maak.  Net so moet jy die slegte nuus van God se toorn oor sonde verstaan (Rom. 1:18-32), voordat die goeie nuus van die evangelie vir jou sin maak (Rom. 1:16-17).  Die evangelie van Christus in v.17 skitter soos ‘n sterrehemel as jy dit …

Lees meer Hoekom het ons die evangelie nodig?

Tekens van die einde

Matteus 24:4-14 Ek het ‘n DVD gekyk waarin die prediker foto’s van hedendaagse oorloë, hongersnode, aardbewings, pessiektes, ens. wys en vir die mense sê dat dit Matt. 24:4-14 vervul.  Maar is dit wat Jesus in hierdie verse bedoel het?  Kom ons bekyk die teks, konteks en historiese agtergrond van nader.   Vals messiase en profete …

Lees meer Tekens van die einde

Hoe kan ’n mens reg wees met God?

Romeine 1:17 Dit is wat John Cennick in die vroeë tot mid-1700’s wou weet.  ‘Hoe kan ek wéét dat die Here my eendag sal aanvaar?’ het hy gewonder.  Hy het alles in sy vermoë gedoen om vrede met God te hê.  Hy het gevas, gehuil, gebid, die Bybel gelees, sy sondes bely, akkers, blare, krappe …

Lees meer Hoe kan ’n mens reg wees met God?

Onbeskaamd evangelies

Romeine 1:16 My vrou se Amerikaanse vriendin het haar dogtertjie aangespreek, omdat sy met die landsvlag wou speel.  ‘You must never disgrace the flag!’ het sy gesê. Ek hou van ons land, maar voel nie patrioties daaroor nie.  Ek het van die ou volkslied gehou, maar stem nie saam met die reëltjie wat sê: ‘Ons …

Lees meer Onbeskaamd evangelies